Eventfinder

Marie Bosman

Mari Bosman Bio

Mari Bosman is ‘n opwindende sangeres en liedjieskrywer wat haar musiek as ‘rooiwyn rock’ beskryf!

Sy het BSc studeer by die Universiteit van Stellenbosch, gevolg deur ‘n nagraadse diploma in onderwys. Op Stellenbosch het sy gereeld opgetree by bekende teaters en restaurante asook voor-shows gedoen vir plaaslike legendes soos Valiant Swart, Koos Kombuis en Karen Zoid. Ná 6 jaar as biologie -en skeinat onderwyseres in die Paarl, maak sy vandag voltyds musiek.

In 2009 het sy die 5fm MyCokeFest kompetisie gewen in die afdeling ‘Best Original Music’. Een van haar liedjies is daardie jaar op die grootskerm gespeel tydens MyCokeFest as bekendsteling van plaaslike talent.

In 2013 het sy ‘n platekontrak geteken met Sony Music Entertainment as deel van die groep ‘Dogters Van Man’. Hierdie groep het bestaan uit haarself (akoestiek en stem), Maria Rademan wat tans in die groep TWEE is(klavier/keys en stem) en Renate Riedemann(viool en stem). Hul enkelsnit ‘Die gras is altyd groener’ het verskeie nr1 posisies behaal op radio. ‘n Musiekvideo is ook vrygestel:

In 2014 het die meisies van‘Dogters Van Man’besluit om hul solo loopbane te volg.

Mari het kort daarna haar eerste enkelsnit vrygestel, genaamd ’Enkelvlug’, wat baie goed ontvang is deur die publiek en radiostasies. In 2015 is haar tweede enkelsnit, ‘Mure Val’ op die platemaatskappy Coleske Artists se kompilasie Country is GROOT geplaas.

In 2016 het Mari haar debuut album geskryf en opgeneem, genaamd ‘Skakerings’.. Die musiekvideo van die eerste enkelsnit ‘Skakerings’ is daarna uitgereik. Hierdie liedjie verskyn ook op Select Musiek se kompilasie in 2016,gebaamd’ Treffer ná treffer’ Hunter en Nelia Kennedy vertolk die hoofrolle in dié video:

In 2018 is haar nuwe enkelsnit, Hou Vas, vrygestel en het verskeie nr1 posisies behaal op radio. Die musiekvideo is in Mei vrygestel op Kyknet se prograg ‘Jukebox’:

Op Nasionale Vrouedag 2018,stel sy die praglied ‘As Vrou’ vry. Die liedjie speel steeds op sowat 30 radiostasies landswyd. Volgens Huisgenoot se resensie paneel, was dit ‘n treffer. Die musiekvideo is ook te sien op Kyknet Musiek:

Mari het op Vadersdag 2018 ‘n spesiale liedjie, Man Soos My Pa, geskryf en ‘n akoestiese video op facebook geplaas. Hierdie video het viraal versprei en staan tans op 200 000 kyke. ‘Man Soos My Pa’ speel tans op 37 radiostasies en die musiekvideo is op SABC 2 se program Kliphard vrygestel.

Maroela Media beskryf Mari as ‘n ‘jong Laurika’. Laurika praat self met lof oor haar stem en musiek. https://maroelamedia.co.za/vermaak/musiek/jong-laurika-loop-musiekbedryf-storm

FAK skryf:

http://www.fak.org.za/2018/12/21/mari-bosman-die-swerwer-met-haar-kitaar-en-haas/

Mari is tans tussen die land se grootste kunstenaars te sien by feeste en geleenthede. Theuns Jordaan het help skaaf aan haar vorige album en Vaughan Gardiner en Hugo Ludik is druk besig met die verwerkings van haar liedjies vir haar tweede album, wat binnekort vrygestel word.

 

×
×

Cart