Eventfinder

Karlien Husselman

Karkien Husselman Bio

Karlien Husselman is een van die land se kunstenaars wat al jare in die bedryf is, sy het reeds in 2002 op Idols haar verskeining gemaak saam met bekendes soos Heinz Winckler, Brandon October, Melanie Louw ens. en na sy onder die top 50 beland het, het ‘n platemaatskapy haar raakgesien en haar ‘n kontrak aangebied.

Na talle hoogte punte en laagte punte tussen 2002 en 2005, het Karlien aanhou sing, en by feeste opgetree. Haar eerste cd, het sy opgeneem met R10 000 wat sy by ‘n kareoki kompetisie gewen het in 2003, en dit het sy op KKNK verkoop. Dit het so goed verkoop dat Karlien besef het, daar is ‘n mark wat haar musiek soek.

Eers in 2005, het die platekontrak met Maroela musiek gerealiseer, a.g.v omstandighedes buite haar beheer, en sy bring haar debuut album – Niemand nog soos jy uit, met treffers soos, Carolientjie soek ‘n man, Ahoema shewelana, en natuurlik haar jodel keurspel met Heidi!!!

Karlien word in 2006 die Jodel prinses van Suid-Afrika gedoop, maar in 2007 kry Karlien ‘n terugslag en hoor sy dat sy probeleme met haar stembande het. Karlien het stadig maar seker weg gesak uit die mark, en minder begin sing en jodel, maar nou in 2010, is Karlien terug na ‘n vonk nominasie in 2009 vir haar album My wens vir jou, en talle hoogte punte soos toe sy in 2010 April die verhoog gedeel het met Kurt Darren en Papsopwinterwaternat, in duet saam met hom gesing het.

Karlien verras weer met 3 snitte uit haar eie pen, Hier’s my hart.. die titelsnit van haar album, Somersonpartytjie, en Kom ons dans, beslis treffers!

Daar is verskeie liedjies op hierdie album, en Karlien se diepte as mens, in hart en siel kom deur haar stem na voore en sy raak jou hartsnare! Karlien verskein in die Huisgenoot, in die Tempo, op Jukebox, in die vrouekeur!

Karlien is terug, met haar hart, maak haar deel van jou hart!!

Karlien se Facebook Blad: https://www.facebook.com/HUSSELMANKARLIEN/

×
×

Cart