Eventfinder

Johnnie Takbok

Johnnie Takbok Bio

JOHNNIE TAKBOK, ’n Afrikaanse rockgroep met ’n unieke aanslag, is in 2015 gestig en bestaan uit Charl Bezuidenhout (voorsanger en akoestiese kitaarspeler), Wouter van Wyk (ritme- en akoestiese kitaarspeler), Janes Blomerus (baskitaarspeler), Clive Horak (hoofkitaarspeler en agtergrondstem) en Ivan Enslin (dromspeler). Die Boer, hulle eerste enkelsnitvrystelling, is baie goed ontvang en het vir tien weke op Overvaal Stereo se Top 20 gepronk. Die musiekvideo van hierdie snit het sosiale media oorgeneem en is deur meer as 100 000 aanhangers, op verskeie platforms, gesien.

Sedertdien het die groep ook al die verhoog gedeel met groot name soos Piet Botha, Pieter Smit, Piet Pompies, Pieter Naudé en Jan Blohm en ook ’n draai gaan maak by die KKNK.

Luisteraars van enige ouderdom sal aanklank vind by JOHNNIE TAKBOK se musiek en uitsonderlike verhoogpersoonlikheid, wat wissel tussen briljante weergawes (covers) van bekende treffers uit verskillende genres, asook uitsonderlike oorspronklike materiaal wat onmiddellik aandag trek. Met hulle eerste album, Skoffel, vat hulle ook Afrikaanse rock na ’n vlak wat selfs Axl Rose se knik van goedkeuring sal wegdra.

Dié energieke Afrikaanse rockgroep tree regoor die land op en is ook gereeld te sien by Die Windpomp in Meyerton. HARTJIE VAN DIE VRYSTAAT hulle nuutste enkelsnit, sal aanhangers nie net lekker laat ‘Skoffel’ nie, maar is ook ’n getuigskrif van die ongelooflike talent wat hulle het om met die wêreld te deel. Dit is reeds deur verskeie radiostasies aanvaar, waaronder Radio Houtstok en Caledon FM.

VORIGE OPTREDES

Feeste –  Tekkiefees, Afri-Boer Fees, Boertjiefondsfees, Pannefees, Dome Rally, Steel Wings Rally, Iron Maden Day Jol, Klerksdorp Toy Run, Gimmies Pot- en Ponsdag, BMW Daly Motrad, Road Rockers Day Jol, Stage Rock Fest, KKNK.

Venues – Sinkshack Bronkhorstspruit, Nashville Witbank, Die Windpomp Kroeg Meyerton, J&B Vanderbjilpark, Broers Rustenburg, Stage at N12 Klerksdorp, Oelies Pub and Grill Klerksdorp, Spikes Cabin Rustenburg, Montana Family Market Pretoria, CHICa D Vereeniging, Tuscany Vereeniging, Elephant and Friends Moreleta Pretoria, Despacito Klerksdorp, Ribleys Klerksdorp, Wildevy Marble Hall, Gas Monkeys Vanderbijlpark, The Shack Vaalpark, Plaas Toe Vaalpark, Route 66 Pub and Grill Vanderbijlpark, Blixsem Drankwinkel Vanderbijlpark, AB’s Pub and Grill Parys, Ledends Parys, Cow and Bull Vanderbijlpark, Phoenix Vanderbijlpark, The Pub Nelspruit, Die Groen Rissie Vereeniging, German Club Vanderbijlpark.

YouTube Videos

Skoffelhttps://www.youtube.com/watch?v=Fp3PHshmjOo

Vergifnishttps://www.youtube.com/watch?v=6wiq_xatOHo

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/JohnnieTakbok/

Instagram: @johnnietakbok

Webblad: www.johnnietakbok.co.za

Hutsmerke: #JohnnieTakbok #HartjieVanDieVrystaat #NuweBandOpDiePlaas

 

×
×

Cart