Eventfinder

Die Rooiwynprofeet

Die Rooiwynprofeet Bio

Die Rooiwynprofeet is ‘n akoestiek duo wat alles van akoestiese ballades, folk, alternatief, rock en tot lekker kuierliedjies speel. Hulle doen meestal “covers”, maar werk ook aan ‘n paar oorspronklike liedjies. Ietsie vir almal. Hulle eerste oorspronlike liedtjie “Briewe” is reeds besig om groot naam te maak.

Hulle het ‘n hele paar jaar terug ontmoet in ‘n kerk orkes. Benice was genooi om by ‘n ander gemeente te gaan sing en Michael was die derde opsie as kitaar speler. Soos geluk dit wou hê kom hulle toe agter hulle stemme werk lekker saam. Paar om-die-vuur-kuiers later is hulle vriendskap vas gesement en die pad van hulle musiek-journey begin teer. Hulle eerste optrede was by die Omibergfees waar hulle drie jaar opeenvolgend sonder naam opgetree het. Michael het een dag ‘n lied van een van sy groot musiekhelde, Koos Kombuis, op sy foon opgeneem en vir ‘n vriendin gestuur en sy het toe gesê dit maak haar lus vir rooiwyn, want dit is ‘n lekker kaggel en rooiwyn vibe. Sy het toe met die naam ‘Die Rooiwynprofeet’ voor ‘n dag gekom.

Hulle is nou maar eers ‘n paar maande aan die gang, maar is ongelooflik geseënd met vertonings wat al hoe meer raak. Hulle weet nog nie waarheen hulle oppad is nie, maar hulle is opgewonde oor die toekoms.

Om musiek te maak is ‘n voorreg. Hulle is dankbaar vir hulle talente en sien uit om dit te deel met elkeen van julle. Sien uit om hierdie avontuur met julle te deel.

Die Rooiwynprofeet Facebook Blad: https://www.facebook.com/DieRooiwynprofeet/

×
×

Cart