Eventfinder

Chrizaan

Chrizaan Bio

Chrizaan is gebore op 28 Augustus 1989 in Sasolburg. Sy is die oudste van twee kinders. Haar ouers, Tony en Daleen, woon in Vanderbijlpark en Chrizaan maak geen geheim daarvan dat dit die twee belangrikste mense in haar lewe is nie. Chrizaan is tans ook woonagtig in Vanderbijlpark.

Van ‘n vroeë ouderdom het die verhoog haar gelok en het sy reeds op laerskool uitgeblink in die koor en revue. Sy beskryf haar laerskoolloopbaan, by Laerskool Fonteine in Sasolburg, as die platform waar sy die verhoog leer ken het. Die saadjie van die liefde vir die kunste het ontkiem toe sy op die ouderdom van 12 in ‘n talent kompetiese deelgeneem het en haar eerste pronkveer verwerf het op 14 in ‘n kunswedstryd.

Chrizaan het ook deelgeneem aan die Suid Afrikaanse Kampioen-skappe vir Uitvoerende Kunste asook die Cherry Top kompetisie. Sy het haar hoërskoolloopbaan voltooi by Transvalia Hoërskool Vanderbijlpark in 2007.

Ná skool sou Chrizaan aangesluit het by die Health & Beauty Academy in Vereeniging, maar sy het by ‘n skoonheids salon gaan werk vir ‘n jaar na skool, alhoewel sy geweet het sy wil met alle mag en mening op die verhoog en in die kollig wees en het nog steeds naweke optredes gedoen.

In April 2008 het Chrizaan ‘n voorprogram gedoen vir Shine 4 en het finaal besluit dat sy haar sang loopbaan ernstiger wou vat. Teen die einde 2008 het sy besluit dat sy voltyds gaan sing want dit is haar passie in die lewe.

Sy het Anton Myburgh genader en van haar liedjies na hom geneem sodat hy kan luister na haar werk en Anton Myburgh het besluit om haar te help met haar CD opname in Ermelo saam met Andrew Roos. Anton het die CD na EMI geneem, en Chrizaan het ‘n kontrak gekry.

Haar debuut CD, met die titel “In my Hart”, het verskyn in April 2009.
Op die album is 14 snitte, waarvan Chrizaan self die titelsnit, asook 8 van die ander liedjies geskryf het op haar album. Chrizaan het ook die voorreg gehad dat Anton Myburgh een van die liedjies “Sal jy my weer kan liefhê” op die album vir haar geskryf het. Naas haar eie liedjies het Chrizaan ook ‘n groot voorliefde vir Country Musiek.

Op die ouderdom van 21-jaar word Chrizaan se 2de album vrygestel “Verslaaf aan jou” en is gepoets met ‘n byderwetse varsheid en oorspronklike komposisies uit haar en die regisseur Byron Kuntz se pen – met ál die elemente om gewisse treffers te verseker.

Chrizaan is ‘n hardwerkende jong vrou en sy wéét talent is maar net een aspek van ‘n suksesvolle loopbaan. “Ja, my senuwees is op hol, maar ek is lus vir opwinding en uitdagings wat wag,”

Intussen het sy die leer na gewildheid rats geklim en sy borrel behoorlik van trots. “Behalwe vir die feit dat ek dit so geniet het met die maak van albei my albums was ek meer betrokke by my jongste album. Ek het met elke liedjie bygestaan en elke liedjie saam met my CD-vervaardiger Byron Kuntz geskryf. Ons het albei ons denke en style gekombineer om die liedjies te skryf. My debuut-CD was vir my ‘n ongelooflike leerproses en ek het baie ervaring opgedoen wat ek in die maak van my jongste album kon gebruik,” vertel sy/

“Verslaaf aan jou” ontgin haar volwassenheid. “Die vorige album was my wegspringpale , maar dit voel asof Verslaaf aan jou my eerste kind is omdat ons alles van die begin af geskryf het – sónder enige riglyne of voorskrifte. Ek was ook betrokke vir die ontwerp van my CD-omslag.My eie identiteit en styl op die omslag sê presies wat om te verwag as jy na die liedjies luister.”Met spatsels van Katy Perry kry musieliefhebbers ‘n album met ‘n styl wat rock en sokkie meng.

In Januarie 2012 het Chrizaan by VONK Musiek aangesluit en die derde album die lig laat sien – Belowe My – “Ons het ‘n jaar en ‘n half aan die album gewerk,” sê Chrizaan. “Met vier van die liedjies het ek saam met Byron Kuntz gewerk en die res van die album is by Deon van der Merwe se ateljee opgeneem. Van die liedjies is spesiaal vir my deur Arri Opperman en Juan Boucher geskryf. Ek het ook aan ses van die liedjies op die album help skryf.” Hierdie album was ook genomineer as die beste Pop Album vir die Ghoema Toekenning.

“Ek glo ek het my talent van my pa, Andries Claassens, gekry””. Hy is oorlede toe sy 10 jaar oud was, maar hy kon voor sy dood enige instrument speel en ook baie goed sing.

Einde 2014 begin Chrizaan met haar grootste projek wat sy nog ooit aangepak het – sy werk aan ‘n nuwe album wat sy self finansier en werk met skrywers soos Vaughan Gardiner, Emil Struwig. Sy het reeds op 28 MAART 2018 HAAR SPLINTERNUWE ALBUM ‘’HART VAN GLAS’’ VRY GESTEL !! Sy is baie perfektionisties en weet presies watter soort klanke sy wil gebruik op hierdie album.Met die hulp van Sanger en Musiek Vervaardiger Ernie bates ,sowel as haar bestuurder en liedjie -skrywer MIcheal de Lange wat haar bring tot ‘n baie meer volwasse aanslag. Chrizaan stap al 10 jaar ‘n pad in die musiek bedryf en het al ‘n paar Top 20 toekennings ontvang.Haar nuwe enkelsnit ‘’Hart van glas’’ pronkeer ook al op ‘n hele paar radio staseis! Sy spog met ‘n duet wat sy en Ernie Bates opgeneem het ‘’Dis weer somer’’ wat ook op haar nuutste album verskyn.

Chrizaan is dinamies, vol energie, positief en gryp elke geleentheid aan. Die wyse waarmee Chrizaan mense se lewens aanraak, maak haar gewild en geliefd. Sy is ‘n kunstenaar wat vroeg reeds diep spore getrap het en sy is verseker hier om te bly. Sy het al op groot verhoë opgetree soos KKNK, Aardklop en Innibos.

Besoek haar op Facebook : https://www.facebook.com/Chrizaan.Official/ om op hoogte te bly van al die vertonings!! 

×
×

Cart